poësie

Jimmy Alison

 

ek gee jou my woorde
in 'n klein kokon van baie vrae
ek gee jou my seninglyf
wat hom soms warm en gemaklik kan gedra

en ek vra niks terug wat ek nie mag hê nie
en jy hoef niks te doen en niks te sê nie
want my bewondering dryf ook maar net
saam met die vloei wat jou begeertes het

en wanneer ek myself in jou verloor
sal ek stemme teen die ruite hoor
en onthou dat my hart baie broos is
en dat drome my enigste troos is

vir petrò
elke desember

 

gedigte >> nog

 

© Jimmy Alison : tinkerer thinkerer