|
Sien Nege
"Tinkie ontdek Ama"
sfx : music in (op tune van karoonag, coenie de villiers)
tinkie : ek ruik nou perfume en karoo
met al die lekker onder en bo
my wulpse kind my optelkind
vanaand
ruik ek perfume en ruik ek karoo
die lekker onder en bo
my wulpse kind my optelkind
vanaand, hier vanaand
blue : as hy sy baadjie toeknoop onder sy belt
en sy cherrie haar kop teen sy skouer laat lê
as sy hom tog net sal terugvat tot in beaufortwes
en hulle vir my wyn kan skink tot in graaf reinet
ruik ek perfume en ruik ek hulle so
die lekker onder en bo
sy wulpse kind sy optelkind
vanaand
blue/tinkie: ruik ek perfume en haar so
met al die lekker onder en bo
my wulpse kind my optelkind
ruik ek perfume en ruik ek haar so
my wulpse kind my optelkind
vanaand, hier vanaand
tinkie : en môre as ek nou
my in die amberwolke hou
as die son eerste neek
en in my bitter bek my steek
as die trein in touwsrivier fluit
en ek wegraak in die kind
en haar bossieklos vaswaai
teen my hand
ama : ruik hy my perfume en my so
met al my lekker onder en bo
sy wulpse kind sy optelkind
vanaand
chorus : ruik hy haar perfume en ruik hy haar so
met al haar lekker onder en bo
sy wulpse kind sy optelkind
vanaand, hier vanaand
sfx : music fades slowly. pause. ama en tinkie sug.
ama kyk af in tinkie se oë.
ama : my naam is ama.
tinkie : ek is tinkie johannes tertuis bestbier
en wat maak jy hier?
ama : ek het gekom vir die gemmerbier.
tinkie : ek voel nou ewe vlam en vuur
miskien moet ons uitkom hier.
ama : o, jy is so vors en fier.
tinkie : vat my handjie, ek bedoel... hand, ou dier
en kom ontmoet 'n tier.
ama : dat ek nou so ver vir dit moes ry.
(hulle af)
suna : o, hulle gee my 'n gly.
slettie, blue, moet ons gaan of moet ons bly?
blue : hoekom vra jy my?
slettie : (vat blue se hand, trek hom saam af stage) ons is tog almal
saam in hierdie cabaret...
(ligte fade)
|