cabaret

Jimmy Alison

Die Tweede Tangerine Tango

'n Verskriklike Kaberet

 

Sien Agt
"Mumble"

sfx : disko klanke ens. ligte doof effe. spots op almal

tinkie : vir dit kom ek al die pad van touwsrivier!
ama : ek moet sê, ek laaik nogal dié mannetjie hier.
blue : sjoe, dit was darem nou blêdie naby.
slettie : ek wonder wat voel hy nog vir my.
suna : wat gaan ek nou vir die aand kry.
tinkie : ek kon net sowel spring in 'n vuur.
ama : ek hou nogal van hierdie nuwe guur.
blue : nou mis ek nogal 'n ekstra vry.
slettie : miskien moet ons maar bymekaar bly.
suna : sy is ge-organize maar wie gaan vir my ry.
tinkie : miskien het ek die verkeerde perd opgesaal.
ama : miskien moet ek die kondoompie uit my sak uithaal.
blue : ama praat in elk geval so 'n blêdie snaakse taal.
slettie : net ek kan die beste uit om hom uithaal.
suna : ek wonder hoe lyk die klein mannetjie kaal.
ama : (besig om kondoompie op te blaas) daar's hy nou.
tinkie : (merk ama ewe skielik op) wat wou!

 

sien een
sien twee
sien drie
sien vier
sien vyf
sien ses
sien sewe
sien agt
sien nege
sien tien

applous

Die Tweede Tangerine Tango

 

© Jimmy Alison : tinkerer thinkerer