cabaret

Jimmy Alison

Die Tweede Tangerine Tango

'n Verskriklike Kaberet

 

Sien Sewe
"Disko"

sfx : music up (ligte oor hele verhoog. sien ama met skyf in bek
sit oor blue op stoel. sy lyk soos 'n party.
blue se wange is vol lipstick.)
suna : o, look, blue got lucky!
slettie : that low-down out-of-mind rat!
tinkie : is nogal 'n snaakse plek hierdie.
suna : just pretend we didn't see him.
slettie : i'll never get married again!
tinkie : kan ek vir julle 'n coke koop?
suna : if you can't smoke it it ain't coke, man.
kry vir ons dubbel brandies en orange juice.
wat drink jy?
tinkie : ek hou nogal van lecol. (sfx: mcgyver sting
maar vanaand is ek op die bols.
suna : ja, ons ook!
sfx : disko music crossfades into music which goes into
'i fall to pieces' (jim reeves) for song:
slettie : dit gebeur altyd so gou
tinkie : ek dink ek kan van hulle hou
suna : all dressed up and nowhere to go
slettie : ek vang hom saam met 'n ander vrou
tinkie : maar ek wonder wat voer hulle in die mou
suna : nie eers 'n bietjie spiere om aan te kou
slettie : o, he hurts me so much
tinkie : ek sal maar so 'n bietjie moet dubbel-clutch
suna : net hierdie een outjie, en hy lyk so dutch

sfx : 'i fall to pieces' (jim reeves) instrumental

slettie : ek breek in stukkies
wanneer ek jou weer sien
ek breek in stukkies
hoe kan ek net jou vrou wees
jy wil hê ek moet maak
asof ons nog nooit dit gedoen het nie
jy wil hê ek moet vergeet...
suna : (stamp hard aan slettie. musiek scratch soos naald vanaf plaat gaan)
slettie! slettie! dis 'n verkeerde song!
slettie : (gil) ek sal hom wys! (pulls a gat)
blue : wag! wag! ek hoor vir slettie! (sukkel om onder
ama uit te kom)
ama : maar ek'sie 'n slet'ie!
slettie : (nader blue) o, dis waar jy jou lyf hou!
blue : sy's 'n dokter!
slettie : dit was die laaste!
blue : sy's 'n plain clothes cop!
slettie : blaas maar jou laaste asem!
sfx : music in (knocking on heaven's door)
blue : iemand, neem tog die gun van haar af
slettie : ek dink jy verdien jou straf
blue : ek is nog, nog in my fleur
slettie : dit was net mooi die laaste keer...

chorus : stop stop stop, stop voor dit gebeur
stop stop stop, iemand moet haar keer

slettie : jy het tog jou beurt gehad
'n man soos jy is 'n vroue-vraat
suna : kom nou slettie, kyk agter die deur
voordat jou lewe uitmekaar uit skeur
chorus : stop stop stop, stop voor dit gebeur
stop stop stop, iemand moet haar keur
slettie : suna, vat nou hierdie geweer
ek kan dit net nie meer vat nie
ek dink hy het sy les geleer
ek hoor in elk geval 'n klop aan die deur...
sfx : (all sfx cut. loud knock on door)
almal : gaan weg!

 

sien een
sien twee
sien drie
sien vier
sien vyf
sien ses
sien sewe
sien agt
sien nege
sien tien

applous

Die Tweede Tangerine Tango

 

© Jimmy Alison : tinkerer thinkerer