cabaret

Jimmy Alison

Die Tweede Tangerine Tango

'n Verskriklike Kaberet

 

Sien Vyf
"Ama en Blue"

Left lights off. (blue op regs na ama wat nou in stad aangekom het)

blue: hello, baby, waar loop jy rond?
ama : sommer maar stad toe gekom.
blue: so, sê my, sweet angel, wat's nuus?
ama : dis droog op die plaas.
blue: ah, dan vat ek jou na die wet, pet.
ama : wet?
blue: ja, klub wet; nooit droog daar nie.
maar sê my, ek sien jy laaik my?
ama : ek ken jou nie eintlik nie.
blue: o, jy laaik my nie?
ama : nee, nie dit nie...
blue: dan laaik jy my. het jy geld?
ama : o ja.
blue: jy laaik my, dan sal my my stick...
ama : wat gaan ons doen?
blue: moenie worry nie, blue sal na jou kyk.
ama : jy is so gaaf. my naam is ama.
blue: i don't really care who you are, baby.
ama : ek is van touwsrivier.
blue: i don't really care if you're from near or far, baby.
ama : ek wonder hoe die 'wet' lyk.
blue: solank jy net mooi na blue kyk.
ama : ek het al vergeet wat dans is.
blue: ag, dis maklik as jy in 'n trans is.
ama : miskien moet jy my net eers 'n bietjie leer.
blue: you just check to the front then you check to the rear
check to the front check to the rear (dansstap).
ama : o, dit lyk maklik... (sy dans saam)
sfx : music in (be-bop-a-loolah met chorus in dark)
blue: bee-bop-a-loolah sy lyk 'n bietjie hazy
ama : bee-bop-a-loolah hy lyk 'n bietjie crazy
blue: bee-bop-a-loolah sy's nie juis 'n daisy
ama : bee-bop-a-loolah ek's seker hy's maar lazy
blue en ama: aa - my engeltjie pops, my engeltjie pops
blue: bee-bop-a-loolah wat sal ek met haar doen
ama : bee-bop-a-loolah ek wonder hoe hy soen
blue: bee-bop-a-loolah sy lyk nog bietjie groen
ama : bee-bop-a-loolah ja, ek sal dit doen
(bee-bop-a-loolah-a-a-a)
sfx : disko klanke. disko ligte.
blue: sê my, amasone, wat drink ons, hey?
ama : gemmerbier vir my, asb.
blue: gemmerbier? gemmerbier met wát, skat?
ama : met 'n strooitjie, asb.
blue: double gingerbeer comin' up, baby.
hey, barman! barman, het jy gingerbeer?
barman: (vanuit wings) ya, sure, london dry or old buck?
what do you take it with?
blue: gingerbeer, man, i said double gingerbeer...
en 'n strooitjie, boytjie.
barman: hey, you wanna sip it or blow it?
blue: and a double rum for me.
ama : oe, rum!
blue: sê my, amasone...
ama : ja, blue?
blue: ... as jy so aanhou, dan word jy dalk lucky vanaand, of hoe?
ama : ja, blue.
blue: amasone, my baby, sê my...
ama : ja, blue?
blue: waar kry jy sulke mooi groenerige vlakbruin oë?
ama : o blue, jy's so galant.
blue: so, het dit dìt gedoen, my pompie?
ama : ja, blue.
blue: sê my ama, soek jy 'n arm?
ama : o blue, jy's so galant!
blue: (haal daaga uit. gee vir haar) trek. jy's lucky vanaand, my baby.
(blue deel nie sy arm met sommer net enige iemand nie)
ama : dankie blue. (trek aan pyp en ligte doof. sfx bly)

 

sien een
sien twee
sien drie
sien vier
sien vyf
sien ses
sien sewe
sien agt
sien nege
sien tien

applous

Die Tweede Tangerine Tango

 

© Jimmy Alison : tinkerer thinkerer