cabaret

Jimmy Alison

Die Tweede Tangerine Tango

'n Verskriklike Kaberet

 

Sien Drie
"Amasone"

ek hou van my ma en ek hou van my pa
ek hou van brood bak en water aandra
ek hou van my lewe, daar's min wat ek vra
ek sê altyd nee, ek sê nooit-nooit ja

[miskien x 3]

duskant die touwsrivier is ons die beste gewoond
lekker vet skape, vars melk en beskuit in die oond
my ma is op die kerkraad vir vroue
pa beloof my 'n trekker vir my troue

[miskien x 3]

my naam is amasone von weerstein von veer
en eintlik het ek nog baie om te leer
party sê dis lekker ander sê dis seer
party sê blykbaar weer weer weer... ék keer

[miskien x 3]
[miskien word sy gehelp]

een oggend toe ek skielik wakker word
besef ek dat daar eintlik iets skort
iets wat mens kan eet soos gort
maar jy kry dit nie sommer op 'n bord

[miskien x 3]

want hierdie gejuk in my lieste
styg op tot bo in my buuste
ek voel dit hier tot in my kieste
oe! gee my, gee my die nuutste

[miskien x 3]
[miskien word sy gehelp]
[a-a-a-ama]

o, gee my, gee my, gee my
ek sal vat net wat ek kan kry
ek het nog nooit gesoen of gevry
meeste male laat ek sommer net myself lekkerkry

[a-a-a-ama]

dit was een aand in die koue van junie
ek het nie geweet wat anders om te doenie
mens kan mos nie altyd net jou kussing wil soenie
ek vat toe die trein maar ek weet ek moenie

[miskien x 3]
[miskien word sy gehelp]
[a-a-a-ama]

 

sien een
sien twee
sien drie
sien vier
sien vyf
sien ses
sien sewe
sien agt
sien nege
sien tien

applous

Die Tweede Tangerine Tango

 

© Jimmy Alison : tinkerer thinkerer